
Ten spyte van ‘n verstuite elmboog wat veroorsaak het dat Zandré van Riet aan die laaste twee dae van die SA Vlak 2 streek swemkampioenskappe moes onttrek, het hy steeds geskitter met spog prestasies by dié kampioenskappe.
Hy behaal ‘n derde plek vir 50 m borsslag, agtste plek vir 100 m kruipslag, sesde plek vir aflos gemeng, sewende plek vir 50 m vlinderslag, tweede plek vir 100 m borsslag en tiende plek vir die 50 m kruipslag uitdun. Die kampioenskappe is in Germiston gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



