Heilbron se waterstryd steeds nie verby nie

Enkele dae nadat die Noord-Gautengse Hooggeregshof op 26 Maart beslis het dat ‘n interdik vir die herstel van watertoevoer na Heilbron onnodig sou wees omdat Rand Water reeds waterbesnoeiing in die dorp gestaak het, het die waterstryd in dié Vrystaatse dorp opnuut begin. Heilbron se watertoevoer het verlede week onverwags en sonder verduideliking weer verminder …

Enkele dae nadat die Noord-Gautengse Hooggeregshof op 26 Maart beslis het dat ‘n interdik vir die herstel van watertoevoer na Heilbron onnodig sou wees omdat Rand Water reeds waterbesnoeiing in die dorp gestaak het, het die waterstryd in dié Vrystaatse dorp opnuut begin.

Heilbron se watertoevoer het verlede week onverwags en sonder verduideliking weer verminder na 4,6 megaliter water per dag in plaas van die 8 megaliter water per dag wat die dorp vroeër gekry het.

Waterbesnoeiing is vroeër deur Rand Water in onder meer Heilbron toegepas as skuldinvorderingsmeganisme met die Ngwathe munisipaliteit wat in Maart reeds R66 miljoen aan Rand Water geskuld het. Die waterbesnoeiings is egter opgehef kort voor die aanhoor van AfriForum se aansoek vir ‘n dringende interdik om die waterverskaffer te dwing om volle watervoorsiening na die dorp te herstel.

Heilbron is die enigste dorp binne die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se grense wat deur Rand Water van water voorsien word.

Die stryd met watervoorsiening in Heilbron kom al sedert Desember 2023 toe die dorp se watertoevoer skiellik verminder het van ‘n normale 8 megaliter gemiddeld per dag na sowat 4,6 megaliter per dag, het VF Plus raadslid Philip van der Merwe gesê.

‘n Waterlesing op 6 Maart vanjaar het daarop gedui dat die dorp toe ‘n skamele 3,8 megaliter water per dag gekry het.

Tussen 7 en 12 Maart het die watertoevoer deurlopend verbeter na sowat 5,2 megaliter per dag. Teen 13 Maart was daar skielik na maande weer konstant water in die krane toe Rand Water sonder verduideliking die watertoevoer na die dorp na sowat 8,4 megaliter per dag verhoog het.

AfriForum het die hof op 11 Maart genader met sy aansoek, na Rand Water se kennisgewing van 1 Maart waarin die Merafong, Rand West, Emfuleni, Lesedi, Ngwathe, Govan Mbeki en Victor Khanye munisipaliteite gewaarsku is oor die waterbesnoeiings as dié munisipaliteite nie hul skuld betaal en afbetalingsooreenkomste beding nie. Die munisipaliteite skuld Rand Water gesamenlik meer as R3 miljard.

Die Ngwathe en Merafong munisipaliteite is voor die verklaring ook op 24 Februarie gewaarsku oor Rand Water se voorneme, en was dié twee munisipaliteite die enigste van die munisipaliteite wat gewaarsku is, waar waterbesnoeiing toegepas is, en daarna weer opgehef is.

AfriForum se raadgewer vir plaaslike regeringsake, Petrus Coetzee, het na die uitspraak gesê dat die hof op sigwaarde bevind het dat die waterbesnoeiings onregmatig was, en dat die burgerregte organisasie die hof in die toekoms weer op ‘n dringende basis kan nader vir ‘n interdik indien hy bewus word van enige soorgelyke waterbesnoeiings deur Rand Water.

VF Plus rdl. Philip van der Merwe het vroeër gesê Ngwathe vorder tans volgens die jongste syfers kontantvloeigewys slegs ongeveer 40% van sy begrote inkomste in, hoofsaaklik omdat baie min inwoners hul erfbelasting, rioolgelde, vullisverwyderingsgelde, waterverbruik en selfs elektrisiteitsgebruik betaal. Gebrugde elektrisiteitsmeters is ‘n groot probleem en die munisipaliteit beskik eenvoudig nie oor die wil of vermoë om die probleem aan te spreek nie, sê hy.

“Om te voldoen aan Rand Water se eis dat die lopende rekening gereeld betaal word en ‘n afbetalingsplan vir die agterstallige skuld beding en nagekom word, is eenvoudig onhaalbaar, gegewe Ngwathe se huidige finansiële krisis. Sonder ingryping van die nasionale regering voorsien ek nie dat ‘n oplossing gevind sal kan word nie,” sê rdl. Van der Merwe verder.

Hy het vroeër ook ‘n skrywe aan die minister van waterwese en sanitasie gerig oor Heilbron se waterkwessie. In sy antwoord het die minister aangedui dat Ngwathe nooit op Rand Water se verminderingskennisgewing van Desember 2023 gereageer het nie, en dat Rand Water gevolglik aangeneem het dat Ngwathe die vermindering aanvaar. Rdl. Van der Merwe sê hoewel Rand

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button