NewsNews

AfriForum-toep gaan oog hou oor verkiesingsproses

AfriForum het vandag, Maandag, 1 Augustus, ʼn toep bekend gestel wat kiesers kan gebruik om die stemproses waar te neem en te evalueer. Met dié toep wil die burgerregte-organisasie verseker dat die stemproses vry, veilig en deursigtig geskied.

AfriForum het vandag, Maandag, 1 Augustus, ʼn toep bekend gestel wat kiesers kan gebruik om die stemproses waar te neem en te evalueer. Met dié toep wil die burgerregte-organisasie verseker dat die stemproses vry, veilig en deursigtig geskied.

 

Dié toep is ondersteunend tot AfriForum se Verkiesingswaarnemersmissie (VWM). Die VWM behels dat waarnemers, wat deur die organisasie aangestel en geregistreer is, op stemdag by meer as 150 stempunte sal wees om as waghond op te tree. Die waarnemers sal onder meer die stem- en telproses, asook die gedrag van kiesbeamptes waarneem. AfriForum is ook as waarnemer by die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) geregistreer. 

 

Die toep sal waarnemers in staat stel om die stemproses by die onderskeie stempunte aan die hand van 42 vrae korrek te evalueer en terugvoer te gee wat onmiddellik aan toepgebruikers beskikbaar sal wees om hulle deurlopend ingelig en op hoogte te hou. Dié vrae is deur ʼn onafhanklike verkiesingswetenskaplike opgestel. Die toep bied ook aan kiesers die opsie om self vrae oor hulle stem-ervaring te beantwoord, kritiek te lewer en klagtes in te dien.

 

“Op dié manier kan die publiek saam met die waarnemers ʼn waghondfunksie vervul en sáám werk om te verseker dat die stemproses regverdig, georden en in ooreenstemming met verkiesingsregulasies geskied. Verder sal die toep kiesers ingelig hou oor wat by elke stempunt aangaan en waar probleme ondervind word,” sê Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake.

 

AfriForum sal na afloop van die stemmery ʼn omvattende verslag opstel. Indien die waarnemers en publiek se bydraes geverifieer kan word, sal dit deel vorm van hierdie verslag. 

 

Die vraelys kan ook op AfriForum se webtuiste afgelaai word, waarna die uitslae van die waarneming per e-pos aan verkiesings@afriforum.co.za gestuur kan word.

 

AfriForum doen ʼn beroep op Suid-Afrikaanse burgers wat bereid is om hulle tot die organisasie se VWM te verbind, om die verkiesing onpartydig, streng, professioneel en neutraal waar te neem.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button