Local newsNews

Twee sterf toe vragmotor in spruit beland

Ons innige medelye met die familie van die oorledenes

‘n Ongeluk op die Heilbron/Frankfort-pad het vanmiddag die lewens van twee mense ge-eis

Die ongeluk het net na 13:00 vanmiddag op die R34 sowat 20km buite Frankfort in die rigting van Heilbron gebeur toe ‘n Hyundai, trekker en vragmotor gebots het.

Die vragmotor is met die geweld van die botsing van die brug af in die Kromspruit in.

Die insittendes van die vragmotor is op die toneel dood verklaar.

 

Related Articles

Back to top button