Local newsNewsSport

Stryd hewig vir bal en trofeebesit

Baie geluk aan elke speler, afrigter en Hoërskool Parys vir die uitstekende organisasie van die Sportweek.

Hoërskool Hoopstad se hoop op ‘n wentelling is nie beskaam nie, toe die skool se eerste rugbyspan vroeër vanmiddag, (Maandag 25 Maart), die trotse wenners was van die Parys Alumni Namgola-toernooi.

As  wenners is hulle ook vanjaar die eerste span wat die Lucien van Zyl Sr wisseltrofee ontvang.

Hoopstad het die finale wedstryd van die sportweek met ‘n telling van 19-5 in hul guns beklink.

Die wedstryd het gesorg vir baie spanningsvolle oomblikke met Parys wat in die laaste minute nog punte op die telbord gesit het.

 

Hoërskool Parys se Herman Steyn is na afloop van die wedstryd aangewys as Beste Voorspeler, en Hennie Barnard van Hoërskool Hoopstad, as Beste Agterspeler.

Hoërskool Hoopstad het uiteindelik die wedstryd met 19-5 in hul guns beklink.
Die span van Hoërskool Parys wat teen Hoopstad in die finale wedstryd van die Parys Alumni Namgola Sportweek te staan gekom het.

Twintig skole het aan vanjaar se sportweek by Hoërskool Parys deelgeneem en is uitstaande rugby en netbal gesien. Nie net bied die sportweek jaarliks ‘n groot finansiële inspuiting vir Parys nie, maar kan die waarde van die afronding van spelers voor die aanvang van die seisoen nie onderskat word nie.

‘n Pluimpie vir Hoërskool Parys vir die uitstekende organisasie van die week.

Related Articles

Back to top button