Local newsNews

Gee ‘n nota saam as jy gee

Op hierdie manier kan jy baie help om jou woonbuurt veilig te hou.

Misdaad neem kommerwekkend  toe en omdat mense meer waaksaam is gebeur dit dikwels dat daar op WhatsApp en buurtwaggroepe inligting en foto’s deurgegee word van persone wat in ‘n woonbuurt sou loop met goedere wat dalk verdag mag voorkom.

Hoewel dit juis waaksaamheid is wat help om misdaad vas te vat, gebeur dit ook baie dat inwoners goedere waarvoor hulle nie meer nut het nie, vir ‘n huis- of tuinhulp of ander werker sou gee. Ongelukkig mag die goedere dan vir iemand anders verdag voorkom wanneer gesien word hoe iemand daarmee in die straat loop.

Goeie raad is om dalk ‘n nota saam met die items te gee waarin jy bevestig dat die goedere wel aan die persoon gegee is. Sodoende maak dit dit baie makliker vir sekuriteitspersoneel en die polisie om  te bevestig dat die goedere wel gegee is, sou daar enige twyfel of kommer wees om waar die goedere vandaan kom

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button