Local newsNews

SA staar droogtekrisis in die gesig – dringende pleidooi vir hulp

Graanprodusente, wat die ruggraat van die land se landbousektor vorm, staar 'n opdraande stryd in die gesig terwyl hulle sukkel om die vernietigende gevolge van die droogte die hoof te bied, met sommige produsente wat minder as 50% van hul gemiddelde reënval in die huidige seisoen ontvang het.

 

Die graanbedryf het ‘n dringende beroep op die regering gedoen vir ondersteuning en bystand om die las op produsente te verlig. Suid-Afrika staar ‘n droogtekrisis in die gesig wat deur uiterste hittegolwe vererger word en die land se graanprodusente onder geweldige druk laat wankel.

Die versengende temperature en langdurige droë periodes het landbougrond verwoes en beide ontwikkelende en kommersiële produsente ernstig geraak. Sommige produsente het minder as 50% van hul gemiddelde reënval in die huidige seisoen ontvang.

Die meedoënlose hittegolwe, tesame met wisselvallige reënvalpatrone, het landerye uitgedroog, wat dit droog en onwrikbaar laat.

Gevolglik neem finansiële druk toe as gevolg van die verlaagde opbrengste en stygende produksiekoste.

Dit is op die rug van ‘n bedryf wat reeds ‘n negatiewe groei in BBP vir die laaste twee kwartale ervaar het, en landbou in ‘n tegniese resessie plaas, het Graan SA gesê.

Graan- en oliesade vorm deel van 70% van alle voedsel en het dus ‘n groot vermenigvuldigingseffek oor verskeie industrieë. Die finansiële druk op graanprodusente het verreikende implikasies, nie net in hul eie lewensbestaan nie, maar ook op Suid-Afrika se BBP en is dit dus uiters belangrik – en in die land se belang -dat produsente bygestaan word om finansieel deur die droogte siklus te oorleef.

“Die snikhete temperature het gelei tot verlaagde opbrengste, knouende winsmarges en bedreig die lewensvatbaarheid van totale bedrywighede. Baie kommersiële produsente worstel met die vooruitsig van oesmislukkings en finansiële verliese, wat die druk op hul besighede verder vererger,” het Derek Mathews, Graan SA-voorsitter, gesê.

Hierdie impak is ook meer opmerklik onder ontwikkelende produsente, wat dikwels nie die finansiële hulpbronne en infrastruktuur het om sulke teëspoed te weerstaan nie. Beleggings wat in die ontwikkeling van die landbousektor gemaak is, word afgeskaal weens die ramp van die droogte. Met hul lewensbestaan wat in die weegskaal hang, en geen manier om die risiko te versag nie, staar hierdie produsente ernstige finansiële beperkings in die gesig, wat sukkel om hul plase aan die gang te hou te midde van kwynende hulpbronne en toenemende skuld.

“Die huidige toestande beklemtoon die realiteite van landbouproduksie en die impak van klimaatstoestande op voedselsekerheid en -pryse op Suid-Afrikaners, maar ook die Suider-Afrikaanse gemeenskap. Landbouprodusente is tans besig met finansiers en landboubesighede om te verseker dat hulle produksie in die volgende seisoen kan hervat. Dit is egter duidelik dat ‘n aantal produsente in ernstige nood verkeer en ondersteuning sal benodig om die volhoubaarheid van ons voedselproduksiesektor te verseker,” het Tobias Doyer, Graan SA se Hoof Uitvoerende Beampte gesê.

Graan SA sê onmiddellike optrede is nodig om finansiële bystand te verleen deur middel van ‘n landbou-rampfonds, toegang tot bekostigbare krediet oplossings en bekostigbare inkomste versekering, wat produsente in staat stel om die krisis te deurstaan en hul bestaan te onderhou.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button