Guan doen dit weer
Vir navrae oor gholfdae, afslaantye of om as lid by Vaal de Gráce-gholfklub aan te sluit, stuur e-pos na golf@vaaldegracehoa.co.za, of skakel die Pro Shop by 056 816 3080.
Guan Dreyer is weer vanjaar Vaal de Gráce se gholfkampioen nadat hy sy titel suksesvol verdedig het.
Die ander wenners was:
Johandré Bester (Junior afdeling); Resa van der Merwe (Dames C-divisie); Anje Rademan (Dames B-divisie); Francois Fourie (Mans C-divisie); Jan Albert Wessels (Mans B-divisie) en Timothy Matshoni (Beste Nett A-divisie).

Die nuutverkose gholfkomitee met Francois Malherbe as voorsitter, is entoesiasties deur die lede ontvang.
Geluk aan Johan Ungerer (kaptein), Annemarie van Baalen (dameskaptein), Pieter van Heerden en Etienne Hoeksma (addisionele lede), asook Anje Rademan as HOA verteenwoordiger.
Vir navrae oor gholfdae, afslaantye of om as lid by Vaal de Gráce-gholfklub aan te sluit, stuur e-pos na golf@vaaldegracehoa.co.za, of skakel die Pro Shop by 056 816 3080.