Local newsNews

Heilbron inlywing by Metsimaholo: Baie vrae oor skuld

Die inlywing sal met die volgende munisipale verkiesing geïmplementeer word.

Dit is finaal. Heilbron word beslis deel van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit. So het die Munisipale Afbakeningsraad (MAR) op 28 Februarie besluit nadat finale besware teen die inlywing oorweeg is. ‘n Terugvoer vergadering met raadslede, gemeenskapslede en ander belanghebbendes word op 15 Maart om 10:00 gehou.

Die inlywing sal egter eers met die volgende munisipale verkiesing geïmplementeer word.

Vrae oor die praktiese implikasies sal egter nou reeds gevra en beantwoord moet word. Metsimaholo se gradering as munisipaliteit sal byvoorbeeld waarskynlik verhoog word deur die samesmelting wat sal meebring dat die munisipale bestuurder, senior bestuurders, die burgemeester, die speaker en raadslede moontlik almal groter vergoedingspakkette sal moet ontvang. Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se gradering sal daarteenoor waarskynlik verlaag moet word, sê die Vryheidsfront Plus se rdl. Philip van der Merwe.

Dan is daar kwessies soos Heilbron se Rand Water skuld wat sowat R66 miljoen beloop. Die vraag is of Metsimaholo die skuld gaan oorneem, en watter deel van Ngwathe se huidige Eskomskuld van byna R2 miljard, Metsimaholo mettertyd moet oorneem, indien enige, het rdl. Van der Merwe gesê.

Daar is ook halfvoltooide en falende projekte in Heilbron wat nuwe lewe ingeblaas sal moet word met gepaardgaande groter koste.
word en wie daarvoor verantwoordelikheid moet neem indien dit nie voor die volgende munisipale verkiesing afgehandel kan word nie, is ‘n ope vraag.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button