Local newsNews

Parys se o.13 ‘s gereed vir Amanzimtoti-toer

Parys wens hierdie span net die beste toe vir hul toer wat voorlê

Die 0.13A-rugbyspan van Parys Primêre skool toer na Kuswagskool in Amanzimtoti van 17 tot 20 Maart.

Op die foto is die toerspan met die spoggerige truie wat vir hulle geborg is deur Reghardt van Niekerk (GEM Refrigeration), oefenhemde en rugby broeke geborg deur Wessel en Angelique Kleynhans (Kleynex Trading Solutions),  ‘hoodies’ geborg deur Shogun met Monica Siecker wat Elko Hentschel verteenwoordig het met die oorhandiging, pette geborg deur Hannes en Ina Rust (Namgola), rugbysakke geborg deur Denton Nienaber (Major Drilling) en waterbottels geborg deur Parys Spar met Annalie Mitchell wat CJ Pretorius tydens die oorhandiging verteenwoordig het.

Die skool en die span sê baie dankie aan die borge.

Saam met die seuns op die foto is ook die borge, en die afrigters wat die seuns op die toer sal vergesel. Die afrigters is mnre Jaco Marais Sr en Jr, Hannes Stemmet en Nic Ferreira, en A. Heunis. Mnre. A. Heunis en Nic Ferreira was afwesig met die neem van die foto.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button