Local newsNews

Groot musiekpret by monument

“Ons wil almal uitnooi om hul dagboeke oop te hou vir die volgende keer wat die VTM weer so aand aanbied. Dit is werklik iets wat mens nie moet misloop nie.”

Die Voortrekkermonument het op 8 Maart behoorlik gegons toe ’n groep musiekliefhebbers saamgekom het om ’n lekker musiekaand te geniet om fondse in te samel vir erfenisbewaring!

Met die eerste Musiekpretaand, wat in samewerking met die Worth It Foundation (WIF) aangebied is, het spanne van 10 teen mekaar meegeding in ’n taai musiekstryd en selfs bekendes soos die Noot-vir-Noot en Flinkdink wenner Daantjie (Dinamiet) Badenhorst én die omroeperspan van Pretoria FM het kom deelneem aan die pret.

Die Pretoria FM-span het ook aan die einde van die aand as wenners uit die stryd getree.

Die Pretoria FM span vier hul wen
James Kemp en Tertius Pretorius van Pretoria FM

Die inisiatief is aangepak deur die WIF en die monument om nie net bewusmaking te kweek nie, maar om mense toe te laat om op ’n prettige manier terug te ploeg in die gemeenskap deur ’n paar rand in te samel wat aangewend gaan word deur die monument.

Henk Maree van die Voortrekkermonument het tydens die geleentheid gesê hy is baie dankbaar vir organisasies soos die WIF wat so baie moeite doen om op ’n kreatiewe manier gemeenskappe weer betrokke te kry by hul plaaslike monumente en museums én erfenisbewaring.

“By die Voortrekkermonument bied ons gereeld feeste aan waar mense bietjie hul dansskoene kan aantrek en een van die lekkerste dele van hul kultuur kan uitleef en vanaand was geen verskil nie,” sê hy.

“Vanaand was die eerste keer wat ons in samewerking met die WIF so ’n musiekpretaand aangebied het en ek glo dit gaan definitief nie die laaste wees nie. Dit was werklik lekker om te sien hoe jonk en oud hulself hier kon kom geniet én steeds die monument wil ondersteun.”

Die VTM het dié aand ook ’n veiling gehou waar items soos ’n naweekwegbreek na Udolpho, die FAK se kultuurplaas in Parys, opgeveil is.

Daar is duisende rande ingesamel tydens die aand en Maree sê hy is baie dankbaar vir die ondersteuning en weet dié fondse sal ’n groot verskil kan maak.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button