Local newsNews

Nagmerrie met verkeerskantore ook in Heilbron gesien

"Mense moet kilometers ver ry om gehelp te word"

Meer as ‘n jaar na ‘n inbraak by die Heilbronse provinsiale verkeers en lisensiekantoor, kan daar steeds nie ‘n volledige diens aan die publiek gelewer word  nie.

In ‘n verklaring sê Jafta Mokoena, die DA se woordvoerder van Paaie en Vervoer in die Vrystaatse Wetgewer, dat toerusting wat noodsaaklik is vir die kantoor om te kan funksioneer, op 2 Maart 2023 gesteel en gevandaliseer is. Toe daar verlede jaar navraag gedoen is oor wanneer die kantoor weer operasioneel sou wees, was die departement se antwoord dat die kantoor binnekort weer oop sou wees.

Meer as ‘n jaar later is die voorste kantoor van die sentrum steeds gesluit en is ‘n tydelike kantoor ingerig wat net minimale dienste aan verbruikers kan lewer.

Mokoena sê dit beteken dat mense kilometers ver teen koste moet ry na naburige dorpe vir  noodsaaklike dienste wat die kantoor moes lewer. Die Parys provinsiale verkeer en lisensiekantoor was ook onlangs weereens vir dae aaneen gesluit terwyl gewag is dat die gras agter die gebou gesny moet word.  Voor dit was die kantoor vir maande toe weens ‘n elektriese probleem.

 

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button