Local newsNews

Meer as R6 miljoen toegestaan om vroue te bemagtig

"Hierdie ongelooflike gebaar beklemtoon die gemeenskap se toewyding aan die ondersteuning van vroue en die belangrikheid van vroue se rol in die samelewing," sê René Roux, Solidariteit Helpende Hand se adjunk- uitvoerende hoof van media en woordvoering

Vroue in Beweging, ‘n inisiatief van die Solidariteit Beweging wat deur Solidariteit Helpende Hand gedryf word, het Vrydag tydens ‘n merkwaardige geleentheid meer as R6 miljoen toegestaan om vroue te bemagtig.

Die gholfdag vir vroue was nie net ‘n viering van vroue se bydrae tot sport en die gemeenskap nie, maar ook ‘n fondsinsamelingsinisiatief met ‘n kragtige impak.

Die dag is by die Copperleaf Golf Estate in Centurion gehou en het ‘n veiling ingesluit om fondse in te samel vir twee sleutelprojekte: rentevrye studielenings vir vrouestudente vir tersiêre onderrig, en die HelpHetta-projek wat sanitêre ware verskaf aan 3 500 meisies in Afrikaanse gemeenskappe wat dit nie kan bekostig nie.

‘n Besondere hoogtepunt van die dag was die aankondiging dat ‘n weldoener, wyle me. Stella Maria Laredo, R6 miljoen in haar testament nagelaat het vir die bemagtiging van vroue en studiefondse wat deur Solidariteit Helpende Hand se Studietrust bestuur gaan word.

“Hierdie ongelooflike gebaar beklemtoon die gemeenskap se toewyding aan die ondersteuning van vroue en die belangrikheid van vroue se rol in die samelewing,” sê René Roux, Solidariteit Helpende Hand se adjunk- uitvoerende hoof van media en woordvoering.

Die geleentheid het verder gesorg dat elke vrou wat dit bygewoon het, lekker bederf is. Die aandfunksie het vermaak ingesluit met ‘n optrede deur Jan Jan Jan. Die veiling is deur Jaco van Wyk van Woes TV behartig en Rika Niewoudt van Toks en Tjops was die aanbieder.

Bekendes soos Rhona Erasmus, Monique Steyn, Carma, CheraLee, Elme Churr en Rene du Preez van attooh! het ook die dag bygewoon, wat die geleentheid ‘n glansryke atmosfeer gegee het.

Rhona Erasmus en René Roux.

René Roux kondig aan dat R6 miljoen aan vrouebemagtiging toegestaan gaan word

“Vroue in Beweging bly toegewyd aan die bemagtiging van vroue deur hul werk, welstand, opleiding, geloof, kultuur, en gemeenskap te bevorder. ‘n Gemeenskap kan slegs bevorder word as die gemeenskap self intree om die verskil te maak. Dus wil hierdie inisiatief vroue motiveer om ook mekaar se belange op die hart te dra. Met die ondersteuning van borge soos Mercedes Centurion, AfriForum Sport, Real Skin, en The Marketing Zoo was die gholfdag ‘n reusesukses en ‘n bewys van wat moontlik is wanneer gemeenskappe saamstaan vir ‘n edele saak,” sê Roux.

Vir meer inligting oor die HelpHetta-projek en om bydraes te maak, besoek www.helphetta.co.za. Besoek www.ondersteunons.co.za om deel te word van die Solidariteit Helpende Hand-familie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button