News

Heilbron se krane stywer toegedraai

“Om te voldoen aan Randwater se eis dat die lopende rekening gereeld betaal word en ‘n afbetalingsplan vir die agterstalliges skuld beding en nagekom word, is eenvoudig onhaalbaar gegewe Ngwathe se huidige finansiële krisis. Sonder ingryping van die nasionale regering voorsien ek nie dat ‘n oplossing gevind sal kan word nie” sê rdl. Van der Merwe verder.

Heilbron kan eenvoudig nie oorleef op die huidige volumes water wat Rand Water aan die dorp voorsien nie. Die Vrystaatse dorp het volgens ‘n lesing wat op 6 Maart geneem is, ‘n skamele 3,8 megaliter water per dag van Rand Water ontvang. Dit terwyl die dorp in die verlede beswaarlik met 8 megaliter water kon klaarkom.

Randwater het in ‘n verklaring op 1 Maart bekendgemaak dat die dorp se watertoevoer met ‘n verdere 20% ingekort word weens die Ngwathe munisipaliteit se uitstaande skuldrekening aan Rand Water wat met die skryf van die berig ongeveer R 66 miljoen beloop het. Randwater het reeds op 13 Desember die dorp se watertoevoer verminder vanaf die toe normale 8 megaliter water per dag na ongeveer 4,6 megaliter per dag.

Die Vryheidsfront Plus se rdl. Philip van der Merwe het die verminderingskwessie op 16 Januarie met Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, opgeneem, met ‘n dringende versoek dat sy ‘n onderhoud reël tussen ‘n veelparty afvaardiging van Ngwathe, en die raad van Randwater. Hy het kort daarna, na geen reaksie van die burgemeester, ook die kwessie na die minister van waterwese ge-eskaleer.

Die reaksie wat hy van Randwater gekry het was dat Ngwathe nooit op die verminderingskennisgewing gereageer het nie, en die gevolgtrekking daarom was dat Ngwathe die vermindering aanvaar.
Die burgemeester het egter ontken dat sy nie met Randwater reëlings probeer tref het nie, sê rdl. Van der Merwe.
Hy het hierop bewyse van haar interaksie met Rand Water aangevra maar sonder sukses.

Hy het daarna ‘n tweede dringende skrywe aan haar gerig met ‘n afskrif aan die minister om dringende ingryping te vra.

Ngwathe vorder tans volgens die jongste syfers kontantvloeigewys slegs ongeveer 40% van sy begrote inkomste in, hoofsaaklik omdat baie min inwoners hul erfbelasting, rioolgelde, vullisverwyderingsgelde, waterverbruik en selfs elektrisiteitsgebruik betaal. Gebrugde elektrisiteitsmeters is ‘n groot probleem en die munisipaliteit beskik eenvoudig nie oor die wil of vermoë om die probleem aan te spreek nie.

“Om te voldoen aan Randwater se eis dat die lopende rekening gereeld betaal word en ‘n afbetalingsplan vir die agterstalliges skuld beding en nagekom word, is eenvoudig onhaalbaar gegewe Ngwathe se huidige finansiële krisis. Sonder ingryping van die nasionale regering voorsien ek nie dat ‘n oplossing gevind sal kan word nie” sê rdl. Van der Merwe verder.

“Ons sal op parlementêre vlak bly eis dat Ngwathe te hulp gekom word, en op elke ander vlak bly voortgaan om alle moontlike druk tot ons beskikking toe te pas,”het hy gesê.

Kind Regards

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button