Local newsNews

Vroue bid vir verdraagsaamheid en vrede

Vanjaar se tema het in besonder ook die behoefte van vroue in 'n tyd waar oorloë in lande groot uitdagings aan vroue stel, verwoord. 

Vroue se gebedswens vir verdraagsaamheid in liefde is Vrydag in Parys,  in Vredefort maar ook in die gebede van miljoene vroue oor die wêreld gehoor tydens Wêreldbiddag vir vroue. Vanjaar se tema is deur die vroue van Palestina gekies met Ef. 4:1-3 as teksvers.

 

Die biddag trek jaarliks gelowiges uit 175 lande saam in ‘n gebedsketting op die eerste Vrydag van Maart. Vanjaar se tema het in besonder ook die behoefte van vroue in ‘n tyd waar oorloë in lande groot uitdagings aan vroue stel, verwoord.

By die Oos-gemeente is ‘n besondere program aangebied met sang deur Lizette Combrink en treffende voordrag deur Helena de Villiers.

Dr. Eska de Bruin, ‘n maatskaplike werker in private praktyk, het daarna die fokus geplaas op molestering en verkragting – ‘n euwel van ons tyd wat al meer gesien word.

Sy het gesê dat 15 miljoen meisies onder die ouderdom van 19 verlede jaar verkrag is, en dat geweldsmisdaad teen vroue nie altyd publisiteit kry nie. Sy het gesê dat dié misdaad nog te veel onder die mat gevee word omdat dit nie altyd aangemeld word nie, of vroue se swye oor die wandade gekoop word.

Sy het genoem dat alkoholmisbruik ook ‘n groot bydraende faktor tot die misdaad is, en dat armoede soos ook  in Parys gesien kan word met haweloses, ‘n  faktor is

Sy het vroue aangemoedig om nie stil te bly nie, en om geweldsmisdaad teen vroue en kinders aan te meld. Sy het die aanmeldingsprosedure verduidelik en watter prosesse dan gevolg moet word.

Die belangrikste is om voorkomend op te tree het sy gesê, en gevra dat vroue hul intuïsie moet vertrou. Moenie snags alleen loop nie en beweeg eerder in groepe en waar lig is.

Gaan  na plekke waar jy veilig voel, en moet nooit jou drankie iewers neersit waar jy die gevaar loop dat iemand verdowingsmiddels in die drankie kan gooi nie, het sy gewaarsku.

Sy het afgesluit met die raad dat vroue nooit ‘n saamrygeleentheid saam met iemand onbekend moet aanvaar nie, seker moet maak hul selfone is gelaai wanneer hulle sou uitgaan, en versigtig moet wees met inligting, veral foto’s wat jy op sosiale media laai.

“Check yourself, before you wreck yourself,” het sy gesê.

Die program is daarna afgesluit met ‘n ete om keurig gedekte tafels met die Palestynse tema.

Related Articles

Back to top button