Local newsNews

Gekant teen plan vir Heilbron

'n Finale besluit oor voorgestelde herindelings sou eers geneem word nadat alle besware oorweeg is.

Die DA en ander opposisiepartye het Woensdag, 14 Februarie tydens ‘n spesiale sitting van die Metsimaholo Plaaslike munisipaliteit teen die inlywing van Heilbron en Phiritona by die Metsimaholo Plaaslike munisipaliteit gestem.

Gazette het vroeër berig dat die Munisipale Afbakeningsraad die herafbakening van munisipale grense oorweeg, en dat die enigste voorstel wat Ngwathe sou raak, was vir die voorgestelde inlywing van Heilbron, Phiritona en omliggende plase wat tans binne die Ngwathe munisipale grensgebied val, om by die Metsimaholo Plaaslike munisipale gebied ingesluit te word.

Die DA Metsimaholo koukus het die inlywing in geheel teengestaan en gewys op die rampspoedige gevolge wat so ‘n integrasie op Metsimaholo sou hê. Daar is onder meer spesifiek verwys na basiese dienslewering. Die DA is in sy standpunt ondersteun deur die EFF, VF+, MCA en ATM.

Volgens Ngwathe Vryheidsfront Plus raadslid, Phillip van der Merwe, is daar ‘n groep wat hulle reeds jare lank beywer vir die inlywing van Heilbron by Sasolburg.

Die voorstel het egter ‘n paar jaar gelede ook voor die Afbakeningsraad gedien en het toe hewige protes, gepaardgaande met onluste uit die geledere van Metsimaholo ontlok.

‘n Finale besluit oor voorgestelde herindelings sou eers geneem word nadat alle besware oorweeg is.

Related Articles

Back to top button