Local newsNews

Kultuur-uitdaging vir leerders op jou voorstoep

"Dit is 'n voorreg om 'n platform te kan bied vir ons leerders om hul talente te kan uitleef."

Die stigter van een van die grootste Eisteddfods in die land, die Allegretto interprovinsiale Eisteddfod, was ‘n oudleerder van Parys Primêre skool. Marius Lourens vertel dat die hoë standaard van deelnemers oor die afgelope twingtig jaar sedert die ontstaan van die Eidteddfod in Gauteng, alle verwagtinge oortref het, en vanjaar maak die beoordelaarspan weer ‘n draai in Parys.

Eisteddfod uitdunne word op nasionale vlak gehou, sê Marius, en word daar die land vol gereis om deelnemers en ouers tegemoet te kom. “Ouers het nie meer die tyd om lang afstande te ry vir kompetisie deelnames nie,” sê Marius, en juis daarom word moeite gedoen om deelnemers en ouers te akkommodeer, want dit is ‘n voorreg om ‘n platform te kan bied vir ons leerders om hul talente te kan uitleef.”

Die Eisteddfod se “suster-projek” is die Allegretto FAK Toneelfees wat ook ‘n Nasionale Fees is en deur die FAK onderskryf en geborg word.

Die platvorm is bekostigbaar om selfs in die huidige ekonomiese klimaat die kunste te help bevorder sonder om wins na te jaag. ‘n Deelnemer kan vir R70 per item inskryf, en geen aansluitings- of affiliasiefooie word gevra nie. Daar is ook ‘n Ambassadeurs Projek waarby baie talentvolle deelnemers baat. “Hulle kan in enige afdeling van hul keuse gratis deelneem vir die betrokke jaar wat hulle aangewys word as ‘n Allegretto IPE Ambassadeur.”

Deeglike en behoorlike terugvoer word aan deelnemers gegee, want Allegretto IPE glo die Eisteddfodproses moet ‘n leerproses wees, sê Marius.

Nasionale wenners word jaarliks aangewys en hulle ontvang nie net medaljes en trofees nie, maar ook kontantpryse. Lego stelle word ook aan jonger nasionale wenners gegee.

Deelnemers van Hoërskool Parys het besonder goed gedoen verlede jaar, en van hulle was genooi om as seremoniemeesters by een van die Gala geleenthede in Potchefstroom op te tree, voeg Marius by.

Die Noordwes Universiteit het in 2023 wisseltrofees vir die nasionale wenners in die Visuele Geletterdheid Afdeling geborg. Dit is tydens ‘n spog geleentheid met bykans 1400 toekouers in Johannesburg oorhandig.

“Ons is baie gelukkig om ‘n groot aantal skole en privaat studios te hê wat gereeld by ons inskryf elke jaar. Dit sal vir ons net een groot voorreg wees as daar van Parys weer belangstellendes inskryf vir 2024. Ons wil almal uitnooi van voorskoolse ouderdom tot volwassenes om in the skryf as jy hou van drama, dans, musiek, sang, kuns of Lego bou!”

Vanjaar is R10 000 in kontant op die spel by die ‘Over All Eisteddfod Achiever’ toekennings.

Die sluitingsdatums vir Parys-leerders wat wil inskryf is 15 April, en die Allegretto IPE span beoog om Parys te besoek op 31 Mei en 1 Junie. Die uitdun sal by Hoërskool Parys aangebied word.

Besoek gerus die webtuiste by www.allegretto-eisteddfod.co.za of stuur ‘n WhatsApp teksboodskap na 084 572 0435 vir meer inligting of hulp met jou inskrywing.

Related Articles

Back to top button