Local newsNews

Uurglas loop leeg om te registreer

So kan jy maak as jy nog moet registreer

Suid-Afrikaners sal op 29 Mei na die stembus gaan vir die provinsiale en nasionale verkiesing. Die verkiesingsdatum wat vroeër deur president Cyril Ramaphosa bekendgemaak is, sal vandag in die staatskoerant gepubliseer word.

Stemgeregtigdes het nog net vandag, Vrydag 23 Februarie kans om te registreer om te kan stem in die verkiesing. 

Wat baie belangrik is, is dat die proses sedert die vorige nasionale verkiesing aangepas is, en  kiesers nou in die komende verkiesing slegs sal kan stem by die stempunt waar hulle geregistreer is. Dit is ‘n wesenlike verandering met kiesers wat voorheen by enige stempunt in die land vir lede van die parlement, en by enige stempunt in die provinsie waarin hulle geregistreer is vir lede van die provinsiale wetgewers. kon stem.

Versuim om jou adres op die kieserslys te verander as jy sedert die laaste verkiesing verhuis het, sal dus beteken dat as jy wil stem, jy moet reis na die stempunt waar jy geregistreer is, anders sal jy nie kan stem nie.

Stemgeregtigdes wat nog nie vir die verkiesing geregisreer het nie, of adresveranderings moet maak, kan na hul naaste OVK-kantoor gaan (in Parys is dit by die Forum-gebou oorkant Spar) of aanlyn by die OVK se webtuiste  registertovote.elections.org.za

Jy kan ook ‘n WhatsApp stuur na die OVK by 0600 88 00 00

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button