Nog ‘n kunstefees vir Potchefstroom
Lede van ‘n Facebook-groep wat vroeg vanjaar bymekaar gekom het om Aardklop te probeer red, is besig om hul eie fees met die naam ArtFest, te reël. Hoewel hierdie groep deel was van die belangegroep wat die Aardklop-bal aan die rol gesit het, is baie van hulle tans nie meer betrokke by die reël van die nuwe Aardklop nie.Volgens ‘n inskrywing op hul Facebookblad het die reël van ‘n fees in die plek van die ou Aardklop bestaan uit twee belangegroepe met verskillende visies oor hoe die fees moet voortgaan. Hul groep het verskil van dit wat die huidige Aardklopbestuur wil doen en hulle het derhalwe besluit om hul eie ‘n fees te reël.

Lede van ‘n Facebook-groep wat vroeg vanjaar bymekaar gekom het om Aardklop te probeer red, is besig om hul eie fees met die naam ArtFest, te reël.
Hoewel hierdie groep deel was van die belangegroep wat die Aardklop-bal aan die rol gesit het, is baie van hulle tans nie meer betrokke by die reël van die nuwe Aardklop nie.Volgens ‘n inskrywing op hul Facebookblad het die reël van ‘n fees in die plek van die ou Aardklop bestaan uit twee belangegroepe met verskillende visies oor hoe die fees moet voortgaan. Hul groep het verskil van dit wat die huidige Aardklopbestuur wil doen en hulle het derhalwe besluit om hul eie ‘n fees te reël.
Volgens Karin Panaino Petersen, woordvoerder van ArtFest, is daar verskeie redes waarom die ArtFest groep nie saam met die Aardklop groep kon werk nie.
ArtFest is ‘n baie oop proses en Petersen wil dit duidelik maak dat dit nie kompeteer met Aardklop nie, maar eerder ‘n fees op sy eie is wat diversiteit en die kunste in al sy vorms bevorder.
Die fees gaan in Maart 2017 reeds bekend gestel word en gaan nie eksklusief wees in terme van kultuur, taal of nasionaliteit nie. Dit gaan ook nie net toeganklik wees vir mense wat finansieel sterk is nie. ArtFest is reeds as ‘n NPO geregistreer en groot borge sowel as die stadsraad is aan boord.
Die reël van die fees is ‘n oop proses en hoewel daar reeds ‘n direksie is, moet die bestuur van die fees nog aangestel word.
“Ons wil die gemeenskap betrek. Die fees gaan nie oor ons nie, maar oor die gemeenskap en daarom wil ons hê die gemeenskap moet betrokke raak by die beplanning,” sê Petersen.
Om deel te word van die ArtFest bestuurspan stuur ‘n e-pos aan [email protected]. Gaan ‘Like’ ook hulle Facebookblad Art Fest : Bringing Art Home.


