Local newsNews

‘Drive thru’ oeps by Truworths

Die skade sal herstel word en die winkel is oop vir besigheid soos gewoonlik.

Die sakekern van Parys was Donderdagaand 15 Februarie rondom 18:00 behoorlik in rep en roer nadat  ‘n dubbelkajuitbakkie teen die gebou waarin  Truwoths is, gebots het. ‘n Gedeelte van die steenmuur asook een van die winkelvensters is in die ongeluk beskadig.

Gelukkig is daar nie skade aan voorraad in die winkel nie, en was daar geen personeel of klante in die winkel ten tyde van die ongeluk nie. Die winkel was reeds vir die besigheidsdag gesluit.

Foto: Verskaf
Die skade wat aan die gebou aangerig is kan hier duidelik gesien word nadat ‘n dubbelkajuitbakkie gisteraand teen die gebou gebots het.

Ook die parkeerarea voor die winkel was stil omdat meeste besighede in die omgewing reeds gesluit was.

Die winkel is beveilig en sal die skade herstel word.

‘n Persoon is na die ongeluk in hegtenis geneem op klagte van bestuur onder die invloed van alkohol is bevestig.

Truworths het vanoggend, Vrydag 16 Februarie, soos gewoonlik sy deure vir besigheid oopgemaak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button