Local newsNews

Ouma se mengsel ‘n velsalf vir al wat kwaal is

Of dit vir koorsblare, puisies, ekseem, brandwonde, artritis of inflammasie is. Mense ry van oral om Paul Labuschagne se velsalf en pynsalf te probeer.

Sy glimlag en opslaantafel langs Parys se hoofstraat so bekend soos die kleurvolle winkeltjies soos krale ingeryg langs Breëstraat.

Hy’s ‘n man met ‘n storie. ‘n Gekwalifiseerde meganiese passer van beroep wat in 1992 by Sasol bedank het, en die pad Natal toe gevat het om daar in die konstruksiebedryf te gaan werk. Vier jaar later was hy terug en begin hy met ‘n kontrak by Natref.

Maar toe verander sy lewe na ‘n motorongeluik op pad na Vereeniging.

Hy draai nie doekies om as hy sê hulle het gekuier en toe is die motor in ‘n brug vas en hy by die passasiersruit uit.

“Hulle het my oorkant die pad opgetel,”

Vir ses weke was hy in ‘n koma. Daarna drie maande in ‘n rolstoel.

Sy korttermyn geheue is aangetas. Hy is gestrem aan die linkerkant van sy lyf, en sy spraak aangetas. “Familie het na my omgesien,”vertel hy, maar weens die medikasie wat hy moes gebruik, kon hy nie weer sy ambag beoefen nie.

Toe doen hy los werkies om die pot aan die kook te hou. Eers in Pretoria en toe is hy Klerksdorp toe.
Daar ontmoet hy Michelle Morrison by ‘n koffiewinkel waar sy gewerk het.

Haar oupa se hande is oor jare deur die chemikalieë aangetas waarmee hy gewerk het, vertel Paul, en haar ouma het toe al wat boereraat is gaan soek en ‘n salf gemeng.

Ouma se salf het wondere vir oupa se hande gedoen, en het sy die resep gedeel voor haar dood.
Toe begin Paul die salf meng en verkoop.

Glo mense dat dit werk? “Mense is mos maar skepties, nie almal glo in so iets nie,” beduie hy, en sê :”Weet jy – daar’s soveel kompetisie.”
Maar dié wat Paul se salf ken sweer daarby.

Met Covid-tyd het die koffiewinkel waar Michelle gewerk het toegemaak, en het sy teruggetrek na haar ouers in Parys.
Aanvanklik het hy eers Vredefort toe getrek, en toe ook blyplek in Parys gekry. So kom dit toe dat Paul sy vorms by die munisipaliteit ingee om langs die dorp se hoofstraat sy salf te verkoop.

Op ‘n dag het iemand in Parys hom die resep vir die pynsalf gegee, en so kry dié salf toe ook plek op sy tafel.

Vandag het hy sewe verskillende salfmengsels. Dié spesifiek vir ekseem. Ander vir bejaardes, volwassenes, kinders en babas. Selfs vir troeteldiere.
Van die 26ste tot die 10de van die maand tel verkope op, maar té min mense weet nog van my, gesels hy, Sondae werk hy nie, maar die res van die week staan sy tafel met salf vir al wat kwaal is, en sy glimlag reg om te deel met elkeen wat stop of groet in die verbyry.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button