Local newsNews

Veldfliek onder die sterrehemel – jy moet dit beleef

Dit is nou iets anders!

Onthou jy nog die dae van inry-teaters? Maar hierdie is beter.

‘n Fliek in die veld met die stilte van die natuur en die sterrehemel bo jou. Die geur van pizzas wat bak  in die Kultuurstoor se pizza-oond.

Dit is ontspan. ‘n Bekostigbare uitstappie vir die hele gesin en ‘n herinnering wat jy sal koester.

Kom fliek saam volgende keer op die FAK se Udolpho Rivierplaas net buite Parys.

Die pizzas word gemaak vir fliekgangers by Udolpho.

Hou Udolpho se sosiale media blaaie dop en maak seker jy is daar as  die volgende fliek wys want waar gaan jy fliek teen net R30 ‘n kaartjie?

Saterdag is een van Jamie Uys se ou treffers uit die sestigerjare, “Hans en die Rooinek” gewys – lekker lag en uitstaande rolprentkuns.

Moet dit nie mis as die volgende fliek weer wys nie. Daar word beoog om elke maand ‘n veldfliek hier op Udolpho te wys. Slaap sommer oor en maak dit ‘n naweekuitstappie. Uniek en beslis nêrens anders in die geweste.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button