Local newsNews

Blou, blouer…hier kom ‘n rekord

Al wat nodig is, is gewillige hande en omgee harte - of jy 'n bobaas hekel ghoeroe is of geseën is met twee linkerhande - jy kan help!

Van die noorde tot die suide haak die hekelnaalde blou wol vir ‘n vale vir die wêreldrekord wat wink –  35km se serpe of te wel 7 000 vierkante meter wat aanmekaar gewerk word om die wêreldrekord te breek –  en die groot dag kom nou nader wanneer die Vaal gaan ‘rock’ vir die groote poging op 16 Maart by Emerald Resort & Casino.

Maar voor dan moet 35 000 serpe klaar.

Die serpe wat alreeds by Anna Patat gehekel en aanmekaar gewerk is. Foto: Anna Patat

Elke serp wat gehekel is gaan weer terug na die gemeenskappe vanwaar dit ontvang is, om uit te reik na hulle wat dalk hierdie winter nie iets sal hê om hulle warm te hou nie.

Daar is al meer as 20 000 serpe gehekel – ‘n projek waarmee tydens Covid-19 inperking begin is.

Die blou serpe wat gehekel word sal die oseaan vorm op die uitbeelding wat van die hekelpoging gemaak sal word.

Dankie kan nie genoeg gesê word vir elkeen wat alreeds gehekel het.

Elke hekelsteek wat met die projek gemaak is, gaan vir iemand iewers hierdie winter ‘n verskil maak.

As jy hekel of weet van iemand wat hekel – sprei gou die woord, want tyd raak nou min.

Elke skool, elke kerk, elke vrywillige hand kan help.

Paryenaars kan steeds by Anna Patat in Parys se hoofstraat gaan inloer waar van die wol beskikbaar is wat jy gratis kan kom haal om te help hekel aan ‘n serp vir die Rocking the Vaal wêreldrekordpoging, of stuur ‘n WhatsApp na Anneke by 072 152 0839.

Al wat nodig is, is gewillige hande en omgee harte – of jy ‘n bobaas hekel ghoeroe is, of geseën is met twee linkerhande – jy kan help!

Jy kan ook met Danie van Deventer gesels by 074 189 8347 oor wat alles by die Emerald beplan word vir die 16de, of gesels met Jackie van Waveren by 084 326 5228.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button