Local newsNews

Braaf Boelie kuier by PCS

Braaf Boelie gesels oor boeliegedrag

Solidariteit Helpende Hand se karakter, Braaf Boelie, het Woensdag 31 Januarie by Parys Christelike Skool gaan inloer waar hy met die Grondslag fase en Graad R maats gesels het.

Braaf die boerboel is die breinkind van die klerereeks, Boerboel Wear, en gesels by skole oor die land oor boeliegedrag.  Die karakter moedig met sy interaksie met die leerders hulle aan om maats te help wat geboelie sou word, en verduidelik dat om ‘n maat name te noem, te spot of te terg, nie reg is nie.

Solidariteit Helpende Hand is op vele maniere betrokke by skole en het onlangs ook hul omgee gewys by skole in Parys met die Skooltassie-projek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button