Local newsNews

Lekkerste kultuurkuiers vir 2024 beplan

As jy wil aansluit by die ATKV Vredefort Koepel-tak skakel gerus vir Corlia by 082 732 0257.

Op Vrydag, 2 Februarie is koppe bymekaar gesit vir die 2024 program van die plaaslike ATKV-tak vir Vredefort en Parys. Die gesellige ruimte van die Kultuurkamer is daarvoor ingespan en het Lucia Gericke reggestaan met heerlike verversings.

Die ATKV tak beplan n paar interessante projekte vir die jaar en nooi alle kultuurvriende om te kom deelneem. Daar is onder meer n skryfskool, musiekoggend, volkspele-geleentheid en wynproe in die vooruitsig wat jou hart warm sal laat klop vir kultuur.

As jy wil aansluit by die ATKV Vredefort Koepel-tak skakel gerus vir Corlia by 082 732 0257. Enigeen met ‘n liefde vir Afrikaans en kultuur is welkom om in te skakel.

Lucia Gericke van Die Kultuurkamer, saam met Corlia Wentink, in diƩ biblioteek se kinderhoekie.

Corlia Wentink, voorsitter van die ATKV Vredefort Koepel-tak, saam met Erna Rademan (klubtesourier).

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button