Local newsNews

Dis jou laaste kans: Hier is alles wat jy moet weet oor registrasie naweek

Mense kan by die registrasiepunte gaan registreer of hul besonderhede op die kieserslys gaan nagaan.

Versuim om ‘n adres op die kieserslys te verander indien jy sedert die vorige verkiesing verhuis het, sal beteken dat as jy wil stem, jy sal moet reis na die stempunt waar jy geregistreer is, anders sal jy nie kan stem nie.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) stel hierdie naweek, 3 en 4 Februarie, landwyd registrasiepunte beskikbaar waar kiesers kan registreer om te stem in die verkiesing van lede van die nasionale parlement en provinsiale wetgewers. Die verkiesingsdatum is nog nie bekendgemaak nie.

Registrasiebeamptes sal  nog vandag, Sondag 4 Februarie, by elke stempunt waar tydens die verkiesing gestem kan word, beskikbaar wees om kiesers te help om nuut te registreer, of om besonderhede op die kieserslys na te gaan en, waar nodig, op te dateer.

Hoe laat kan jy die registrasiepunte  besoek:

08:00-17:00 op Sondag 4 Februarie.

Wat is nodig om jou besonderhede op te dateer, na te gaan of nuut te registreer?

Net jou identiteisdokument of ID-kaart

Waar is die registrasiepunte?

Goeie raad is om na die stemlokaal (registrasiepunt) naaste aan jou te gaan, of waar jy met die laaste verkiesing gestem het.

Registrasiepunte in Parys is by:

Parys Openbare Biblioteek

NG Wes

NG Suid

Forum-gebou

Tent regoor die ingang van die Parys Distrik hospitaal

Parys Rotaryklubsaal

Mooihoek

Basa Park

Wat baie belangrik is, is dat die proses sedert die vorige nasionale verkiesing aangepas is, en  kiesers nou in die komende verkiesing slegs sal kan stem by die stempunt waar hulle geregistreer is. Dit is ‘n wesenlike verandering met kiesers wat voorheen by enige stempunt in die land vir lede van die parlement, en by enige stempunt in die provinsie waarin hulle geregistreer is vir lede van die provinsiale wetgewers. kon stem.

Juis daarom is dit noodsaaklik dat kiesers die geleentheid gebruik om seker te maak dat hulle kan stem by die stempunt naaste aan hul woonadres. Versuim om ‘n adres op die kieserslys te verander indien jy sedert die vorige verkiesing verhuis het, sal beteken dat as jy wil stem, jy sal moet reis na die stempunt waar jy geregistreer is, anders sal jy nie kan stem nie.

Jy kan ook seker maak of jy geregistreer is deur jou ID nommer te sms na 32810. 

Teen Saterdagmiddag het 55 000 nuwe kiesers by registrasiepunte oor die land heen gaan registreer. Altesaam 7234 nuwe kiesers het op die OVK se aanlyn portaal geregistreer.

By Parys se registrasiepunte was dit vroeg Saterdagoggend nog betreklik stil.

Twee registrasiepunte in die dorp, by die  biblioteek en die NG Parys Wes-Kerksaal, het ook eers na 07:00 Saterdagoggend geopen.

Die finale syfer vir kiesers wat nuut geregistreer het, of kiesers wat besonderhede nagegaan het, by al die Ngwathe registrasiepunte was nog nie bekend met die skryf van hierdie berig nie.

A.o Jan le Roux vroeg Saterdagoggend met sy besoek aan die registrasiepunte om onder meer seker te maak registrasiepunte ise deure is oop op tyd.. Die foto is by die biblioteek geneem. Beide die Biblioteek en die NG Wes-kerksaal het Saterdagoogend laat oopgemaak.
By registrasiepunte op die plase maar ook in die dorp was dit gister stillerig.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button