Local newsNews

Omgee by die kilogram vir DBV-nood

Ongelukkig was die inbraak verlede jaar nie die enigste teëspoed wat 'n groot terugslag vir die plaaslike DBV was nie.

Altesaam 1 296 kg se hondekos, 184,5 kg se katkos en 120 kg katsand is verlede week in net drie dae vir die plaaslike DBV ingesamel nadat dié organisasie net enkele dae se kosvoorraad oorgehad het vir die 32 honde en 12 katte in hul sorg.

Sakelui en die gemeenskap van Parys het eenvoudig hul harte en beursies oopgemaak om te help.

Boonop is dit nie die eerste keer dat die gemeenskap sy omgee vir die DBV wys nie.

In Julie verlede jaar is van die DBV se hondekos tydens ‘n inbraak op die DBV-perseel gesteel, en is toe ook gehelp om genoeg kos vir die honde bymekaar te maak.

Ongelukkig was die inbraak verlede jaar nie die enigste teëspoed wat ‘n groot terugslag vir die plaaslike DBV was nie. In November het die Parys DBV se enigste voertuig enjinprobleme opgetel, en was die bakkie lank buite aksie vir herstelwerk. Gelukkig kon toe staatgemaak word op ‘n bakkie van die Nasionale DBV-kantoor, en ‘n private bakkie wat vir ‘n tydperk vir die DBV geleen is. Toe die DBV uiteindelik verlede week hul bakkie terugkry, is vasgestel dat daar fout met die remme is. Sonder geld vir die onderdele kan herstelwerk nie gedoen word nie, en sit die personeel met die groot dilemma met geen voertuig wat uitgestuur kan word na klagtes van verwaarloosde, siek, beseerde of mishandelde diere nie. Ook nie vir veeartsbesoeke nie. Parys DBV se bedieningsgebied sluit Heilbron, Koppies, Parys, Vredefort en Lindequedrift in wat beteken dat personeel gemiddeld tot

3 000 km elke maand ry om om te sien na die nood van diere wat onder hul aandag gebring word. Juis daarom is ‘n betroubare voertuig so nodig. Die vorige keer het ‘n weldoener gehelp om die koste van die herstelwerk aan die bakkie te betaal, maar hoe nou? Vir die DBV is daar naas die bydraes wat van sakelui en die gemeenskap kom, geen ander geldelike hulp nie. Hoewel geldelike bydraes ook die afgelope week ontvang is, is dit net nie genoeg om die voertuigskade ook te kan betaal nie.

Die Parys DBV-personeel is baie dankbaar vir elke bydrae wat ontvang word, en het hulle ook jou hulp nou baie nodig.
Geldelike bydraes kan inbetaal word by:
Parys SPCA
Standard Bank
Tjekrekeningnommer 040 947 882

Naas geldelike hulp vir die herstel van die bakkie, is blikkies katkos, swartsakke, Jayes Fluid en F10 ook nodig.

Mense wat graag meer inligting oor die DBV wil hê, is welkom om Madelyn Venter, inspekteur by Parys DBV by 072 894 4061 of by (056) 811 3671 te skakel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button