NewsNews

OPWINDENDE REVUEKOMPETISIE VIR SKOLE

Lefra Produksies het so pas sy opwindende nasionale revuekompetisie, REVUE SA 2016, bekend gestel. Hierdie lekker revuekompetisie vir laer- en hoërskole sal vanaf 5 tot 21 September 2016 by Carnival City se Big Top Arena uitgespook word. Vir enige navrae oor die revuekompetisie of om in te skryf, kan Lefra Produksies geskakel word by (011) 815 3000(011) 815 3000 of stuur ‘n epos aan navrae@revues.co.za Volledige inligting verskyn ook by www.revues.co.za

 

Lefra Produksies het so pas sy opwindende nasionale revuekompetisie, REVUE SA 2016, bekend gestel.  Hierdie lekker revuekompetisie vir laer- en hoërskole sal vanaf 5 tot 21 September 2016 by Carnival City se Big Top Arena uitgespook word.  Vir enige navrae oor die revuekompetisie of om in te skryf, kan Lefra Produksies geskakel word by (011) 815 3000(011) 815 3000 of stuur ‘n epos aan navrae@revues.co.za  Volledige inligting verskyn ook by www.revues.co.za

 

Frans Swart, Hoof Uitvoerende Beampte van Lefra Produksies en waar die idee van ‘n nasionale revuekompetisie ontstaan het, sê dat hy baie opgewonde is oor die projek.  “Laerskole en hoërskole spandeer soveel tyd, geld en energie aan hulle jaarlikse revue.  Ek het al baie van hierdie revues gesien wat baie na aan professionele produksies se standaard is.  Dit was dan altyd vir my hartseer dat daar nie ‘n verdere lewe vir hierdie wonderlike revues is nie.  Juis daarom het ons by Lefra besluit dit sal uitstekend wees om hierdie revues nog ‘n slag te kan opvoer,” sê Swart.  Hy glo ook dat REVUE SA 2016 ‘n wonderlike forum sal skep vir skole om na mekaar se eie werk en produksies te kyk en te geniet.  “Dit gaan ook vir skole die geleentheid bied om te sien waar hulle eie standaard lê deur dit met ander produksies te vergelyk.”

 

Slegs 26 laerskole en 26 hoërskole sal aanvanklik gekeur word om deel te neem aan REVUE SA 2016.  Om vir keuring aansoek te doen, moet die volledige inskrywingsvorm voltooi word en skole moet dan ‘n 10 minute video saam met die inskrywingsvorm aanstuur.  Swart sê dat dit glad nie nodig is om professionele videos vir keuring aan te stuur nie.  “Ons wil juis nie hê  dat skole ekstra geld op videoproduksies moet spandeer nie.  ‘n Video met ‘n goeie videokamera of selfs met ‘n selfoonkamera is heel voldoende.”  Die sluitingsdatum vir inskrywings is 12 Augustus 2016.  Keuring sal afgehandel wees op 26 Augustus waarna gekeurde skole in kennis gestel sal word.  REVUE SA 2016 sal van 5-21 September in Carnival City se Big Top Arena aangebied word.

 

Swart sê dat die kompetisie op ‘n uitklopbasis aangebied sal word.  “Ons wil ook ‘n graag ‘n realiteitshoek aan die hele kompetisie gee.  Die belangrikste egter is dat elke aand ‘n wonderlike vertoning van dans, sang, beweging en kleur moet wees.  Ons besef maar te goed dat REVUE SA 2016 ‘n kompetisie is, maar ons glo ook dat dat skole, onderwysers, afrigters en leerders die geleentheid sal gebruik om nuwe vriende te maak en ook die geleentheid sal gebruik om van mekaar te leer.”

 

Groot pryse is op die spel en elke deelnemer sal ook ‘n sertifikaat van deelname ontvang.  Bekende beoordelaars en aanbieders sal ook ingespan word om van REVUE SA 2016 ‘n groot sukses te maak.  REVUE SA 2016 word ook volledig verfilm met moontlike latere uitsending op kykNET NOU!  REVUE SA 2016 word aangebied met die vriendelike samewerking van Stuttaford van Lines en McCarthy Volkswagen Arcadia.

 

Vir meer inligting oor REVUE SA 2016, kontak asseblief vir Lefra Produksies by (011) 815 3000(011) 815 3000 of stuur ‘n epos aan navrae@revues.co.za  Besoek gerus ook ons webtuiste, www.revues.co.za vir die nodige inligting.  Kaartjiebesprekings vir REVUE SA 2016 kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000.  Groepe meer as 10, skakel asseblief vir Monica by (011) 815 3000(011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button