Local newsNews

Laaste kans om te registreer

Versuim om ‘n adres op die kieserslys te verander indien jy sedert die vorige verkiesing verhuis het, sal beteken dat as jy wil stem, jy sal moet reis na die stempunt waar jy geregistreer is, anders sal jy nie kan stem nie.

Die laaste kans vir nuwe registrasie, of om jou besonderhede op die kieserslys na te gaan vir die komende verkiesing van lede van die nasionale parlement en provinsiale wetgewers, is Saterdag, 3 Februarie en Sondag, 4 Februarie.

Die verkiesingsdatum is nog nie bekendgemaak nie. So ook nie die datums waarop Suid-Afrikaners wat in die buiteland is tydens stemdag, hul stemme sal kan uitbring nie.

Registrasiebeamptes sal tydens registrasienaweek by elke stempunt waar tydens die verkiesing gestem kan word, beskikbaar wees om kiesers behulpsaam
te wees om nuut te registreer, of om besonderhede op die kieserslys na te gaan en, waar nodig, op te dateer.

Al wat nodig is om te registreer of besonderhede op die kieserslys aan te pas, is jou identiteitsdokument of -kaart.

Wat baie belangrik is, is dat die proses sedert die vorige nasionale verkiesing aangepas is, en kiesers nou in die komende verkiesing slegs sal kan stem by die stempunt waar hulle geregistreer is.

Dit is ‘n wesenlike verandering met kiesers wat voorheen by enige stempunt in die land vir lede van die parlement, en by enige stempunt in die provinsie waarin hulle geregistreer is vir lede van die provinsiale wetgewers kon stem.

Juis daarom is dit noodsaaklik dat kiesers die geleentheid gebruik om seker te maak dat hulle kan stem by die stempunt naaste aan hul woonadres.

Mense wat nie op stemdag by die stempunte sal kan uitkom nie, moet betyds seker maak dat hulle registreer vir spesiale stemme sodat beamptes van die
Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) betyds by jou kan uitkom, sê rdl. Saal de Jager.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button