Local newsNews

Dit was ‘n atletiek-eerste vir laer- en hoërskool

Hierdie gebeur nie sommer in Parys nie.

Die paviljoene van Parys Primêre skool en Hoërskool Parys is vanoggend in rooi en blou getooi met beide skole wat vandag hul kleuresportbyeenkomste hou.

Vir Parys was dié ‘n ongewone gesig om beide die kleuresportbyeenkomste op dieselfde dag te hê, en moes menige ouer wat kinders in beide die laer- en hoërskool het, hul treë rek om  betyds langs die onderskeie atletiekvelde te wees om die kinders te ondersteun.

Oral was dit besig. In die snoepierye, op die baan, en by die wenstreep waar selfoonkameras oortyd gewerk het om die oomblik vas te vang – vir die graad 1’s hul eerste keer, en vir die matrieks hul laaste kleuresport geesvang.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button