Local newsNews

Gratis hondsdolheid inentings in Parys

Departement hou inentingsveldtog na positiewe geval van hondsdolheid

Weens ‘n positiewe hondsdolheid geval in Parys word ‘n gratis hondsdolheidinentingsveldtog deur die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling Vrystaat in Parys gehou op 1 Februarie.

Tydens die veldtog sal honde en katte by die volgende punte gratis inge-ent word.

Gereformeerde Kerk 08:30-15:00

NG Kerk Parys-Wes 08:30-15:00

NG Parys-Suid 08:30-15:00

Nederduits Hervormde Kerk Parys 08:30-15:00

Versprei die woord sodat soveel as moontlik dierekinders gedurende die veldtog ge-ent kan word.

Hondsdolheid is lewensgevaarlik vir beide mens en dier, en daar is geen behandeling daarvoor nie.

Daarom is dit so belangrik vir jou en jou troeteldier se veiligheid om seker te maak jy tree voorkomend op deur jou troeteldier te laat ent.

 

Related Articles

Back to top button