NewsNews

Weer ’n net-net wen vir Viljoenskroon

Viljoenskroners het vir die tweede jaar agtereenvolgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se bloedskenk uitdaging gewen - vanjaar met slegs een eenheid bloed! Die SANBD daag jaarliks bloedskenkers in Parys en Viljoenskroon uit om te kyk watter van die gemeenskappe die meeste eenhede kan skenk in ’n poging om hul winter bloednood te verlig. In samewerking met die Rotariërklubs van Viljoenskroon en Parys het die Viljoenskroon gemeenskap 109 eenhede bloed ingesamel en Parys 108 eenhede bloed. Die SANBD wil graag alle bloedskenkers en deelneemers bedank vir hul ondersteuning wat die veldtog ’n reuse sukses gemaak het.

Viljoenskroners het vir die tweede jaar agtereenvolgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se bloedskenk uitdaging gewen – vanjaar met slegs een eenheid bloed!
Die SANBD daag jaarliks bloedskenkers in Parys en Viljoenskroon uit om te kyk watter van die gemeenskappe die meeste eenhede kan skenk in ’n  poging om hul winter bloednood te verlig.
In samewerking met die Rotariërklubs van Viljoenskroon en Parys het die Viljoenskroon gemeenskap 109 eenhede bloed ingesamel en Parys 108 eenhede bloed.
Die SANBD wil graag alle bloedskenkers en deelneemers bedank vir hul ondersteuning wat die veldtog ’n  reuse sukses gemaak het.
Terselfdertyd moedig die SANBD elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit wat die lewens van hul medemense op hierdie manier red.
Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
•Tussen die ouderdom van 16-65 wees
•Meer as 50kg weeg
•Iets voor jou skenking eet
•ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
•Gesond wees op die dag van skenking
Skenk bloed vandag een gee iemand ‘n toekoms.
Help om ʼn bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button