Local newsNews

Tweede vliegongeluk in minder as ‘n maand naby Carletonville

Niemand is in die ongeluk beseer nie

‘n Vlieënier moes Saterdag ‘n noodlanding in die veld naby Baardstraat in Carletonville Uitbreiding 9 maak, nadat die vliegtuig vermoedelik enjingprobleme tydens ‘n vlug ontwikkel het.

Sover vasgestel kan word, word die vliegtuig deur die Johannesburg Skydiving Club (JSC) gebruik om valskermspringers in die lug op te neem.

“Dit het nou net oor Fochville gevlieg en mens kon hoor daar is probleme. Dit het gestol en dan weer gevlieg,” sê ‘n inwoner van Fochville.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Dit is die tweede vliegongeluk in die Carletonville omgewing in net minder as ‘n maand.

Op 29 Desember is ‘n boer van die omgewing, mnr. Casper Botha en sy vrou Estelle, sowel as mnr Hennie Viviers  dood toe hul twee vliegtuie op die plaas Arena in mekaar vasgevlieg het.

Die ondersoek na die voorval is steeds aan die gang.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button