Local newsNews

Die bal is aan die rol vir wêreldrekord in blou

Hierdie gaan die Vaaldriehoek laat 'rock'

In die Vaal, in Parys en oraloor wikkel die hekelnaalde vir ‘n vale, want einde Februarie kom nader so seker soos die winterkoue gaan kom.

En voor dan moet 35 000 serpe klaar.

Maar dis meer as dit – 35km se serpe of te wel 7 000 vierkante meter wat aanmekaar gewerk word om die wêreldrekord te breek. Elke serp wat gehekel is gaan weer terug na die gemeenskappe vanwaar dit ontvang is, om uit te reik na hulle wat dalk hierdie winter nie iets sal hê om hulle warm te hou nie.

Daar is al meer as 20 000 serpe gehekel – ‘n projek waarmee tydens Covid-19 inperking begin is.

Nou is die groot dag amper hier om die serpe uit te rol vir ‘n wêreldrekord in blou.

As jy hekel of weet van iemand wat hekel – sprei die woord, want vanjaar gaan ons groot in die Vaaldriehoek.

Na twee baie suksesvolle pogings waarin twee wêreldrekords al gebreek is en meer as 8 000 komberse vir liefdadigheidsorganisasies geskenk kon word, het die Stitches & Sews geleentheid al ‘n datum op die kalender in baie huishoudings geword.

Vanjaar word die geleentheid bemark onder die naam Rocking the Vaal want dit is presies wat gedoen gaan word wanneer borge en deelnemers aan die projek op 16 Maart by Emerald Resort & Casino gaan sorg vir ‘n gesig wat jy nog nie gesien het as duisende serpe uitegrol gaan word vir dié groot 4 x wêreldrekordinisiatief.

Elke skool, elke kerk, elke vrywillige hand kan help.

Paryenaars kan ook by Anna Patat in Parys se hoofstraat gaan inloer om te hoor hoe jy hiermee kan help of stuur ‘n WhatsApp na Anneke by 072 152 0839. Daar is wol beskikbaar vir jou. Al wat nodig is, is gewillige hande en omgee harte.

Jy kan ook met Danie van Deventer gesels by 074 189 8347 oor wat alles by die Emerald beplan word vir die 16de, of gesels met Jackie van Waveren by 084 326 5228.

Kom wees deel en maak ‘n verskil.

 

 

Related Articles

Back to top button