Heilbronners vra vir water rotasie weens knaende watertekorte

Heilbron sukkel al 'n geruime tyd met waterprobleme.

‘n Petisie waarin optrede oor swak waterdienslewering in Heilbron ge-eis word, en wat deur
1 571 inwoners onderteken is, is Dinsdagoggend deur Vryheidsfront Plus raadslid
Phillip van der Merwe aan Me Victoria Mtombeni-de Beer, uitvoerende burhemeester
van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit oorhandig.

In die petisie word ernstige kommer oor die onvoldoende watervoorsiening aan die gemeenskap van Heilbron uitgespreek. Daar word gesê dat daar vir die afgelope weke/maande ‘n ernstige tekort aan water wa,s en dat die probleme, ten spyte van versoeke vir bystand, steeds nie opgelos is nie.

Daar word ook genoem dat ten spyte van verskeie pogings van verbruikers om die
munisipaliteit/raadslede te kontak om hulp te vra, die probleem onopgelos bly.

Daaglikse aktiwiteite soos kook, skoonmaak en self persoonlike higiëne word drasties deur die tekort aan water beïnvloed, is gesê.

Verbruikers vra dat water rotasie toegepas moet word sodat beskikbare water billik verdeel
kan word. Daarmee word bedoel dat kleppe in die netwerk oop en toegedraai word
sodat elke deel van die dorp genoeg water sal ontvang.

Die versoek is basseer daarop dat sommige dele van die dorp permanent water het en ander glad nie.

Daar word voorgestel dat die munisipaliteit, indien probleme ondervind sou word om die
ligging van kleppe vas te stel, die hulp ingeroep word van Mnr D Naude, ‘n
oudwerknemer wie oor kundigheid met betreking tot die pypnetwerk beskik, en daarmee
sal kan help.

Die uitvoerende burgemeester het met ontvangs van die petisie teenoor raadslid Van
Der Merwe opgemerk dat die petisie haar “hande sal sterk” in haar pogings om
oplossings vir die voortslepende probleem te probeer vind.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button