Letter

Swak diens en verval regverdig nie verhogings nie

Dit is indrukwekkende vergoeding wat die inwoners van Ngwathe betaal vir die swak diens wat gelewer word.

Die Ngwathe Munisipale Raad het op 13 Desember verhogings in toelaes vir raadslede, goedgekeur. Die verhoging is, ten spyte daarvan dat die Vryheidsfront Plus, DA en NgwatheRA dit teengestaan het en die EFF buite stemming gebly het, deur die ANC meerderheid raadslede “deurgedruk” het Gazette in Desember berig.

Daar is ook berig dat die verhogings deur die tersake Minister voorgeskryf en reeds op 18 Augustus 2023 in die Staatskoerant gepubliseer is, wat beteken het dat dit terugwerkend van krag is vanaf 1 Julie 2022. Die haglike stand van Ngwathe se finansies beteken egter dat die munisipaliteit nie die verhogings, gegewe die huidige kontantvoeiprobleme, kan absorbeer nie.

Die verhogings moet myns insiens gesien word teen die agtergrond van die totale verval van die dorpe in die Ngwathe munisipaliteit, en Ngwathe se skuldlas by Eskom en RandWater. Inwoners verwag n antwoord op die vraag: Hoe regverdig die burgermeester en raadslede hulle salaris en voordele teen die verval van die dorpe se infrastruktuur en swak dienslewering?

Salarisse word bepaal deur kwalifikasie, vaardigheid en produktiwiteit. Wanneer na die toestand van Parys en ander dorpe gekyk word dan is die salaris van die munisipale raad en bestuur totaal uit verband.Daar is n gebrek aan al drie vereistes.

Deur die salaris per maand te verwerk na per dag plaas dit n groot vraagteken op die regverdiging daarva,n gemeet aan die prestasie gelewer.
Burgermeester R 79637.00 ÷ 30 = R2654.00 p/ dag.
Speaker R 63709.00÷ 30=R 2123.00 p/dag.
Voorsitters van oorsig komitee R 57976.00 ÷30 = R 1932.00 p/ dag.
Gewone raadslid R25203.00 ÷ 30= R 840.00 p/dag. Selfoon toelaag vir al die raadlede R 300.00 ÷ 30 = R 10.00 p/ dag.
Munisipale bestuurder R 117597.00 ÷ 30 = R3919.00 p/dag.

Bestuurders wat verslag doen aan Munisipale Bestuurder R 96553.00÷30 = R 3218.00 p/dag.

Dit is indrukwekkende vergoeding wat die inwoners van Ngwathe betaal vir die swak diens wat gelewer word.

Dit sal goed wees indien ‘n opsomming gegee kan word van die totale uitgawe op die salaris en alle toelaes wat die munisipaliteit aan die raad en alle amptenare elke maand betaal, en persentasie gewys hoe die bedrag vergelyk met die inkomste van die munisipaliteit ten opsigte van verkope van elektrisiteit ensovoorts.

Related Articles

Back to top button