Misdaad veroorsaak skade vir besighede
Ten spyte van die skade, is mnr. Hansa dankbaar vir sy kliënte se goeie ondersteuning oor die feestyd.
Die deure van Golden City Pro Cycle op die h/v Philip- en Buitenstraat was skaars einde November 2023 oop, of misdadigers het kom inloer.
Mnr. Hansa wat ook die fietswinkel naby die taxi-staanplek in die middedorp het, vertel dat ‘n ou fiets wat hy op die nuwe fietswinkel se dak vasgesit het, voete gekry het net meer as ‘n week nadat hy die winkel oopgemaak het.

Die dief het waarskynlik gehoop dat die fiets waarde sou hê, maar was dit eintlik net deel van die winkeldekor.
Daarna het ook een van sy banieradvertensies voete gekry wat hy vermoed haweloses gevat het om as skuiling teen die reënweer te gebruik.
Diefstal en vandalisme kos besighede baie, en is die publiek weer gevra om hul oë en ore oop te hou vir enige verdagte bewegings wat jy sou sien.
Rapporteer dit dadelik aan die polisie. Selfs die aanmeld van geringe misdaad help die polisie om misdaadtendense in die dorp te bepaal, en patrollering in teikengebiede op te skerp.
Ten spyte van die skade, is mnr. Hansa dankbaar vir sy kliënte se goeie ondersteuning oor die feestyd.



