Local newsNews

Heilbron/Phiritona dalk by Sasolburg ingelyf

’n Finale besluit oor die herindeling sal geneem word nadat alle besware oorweeg was.

 

Die Munisipale Afbakeningsraad oorweeg tans die herafbakening van munisipale
grense. ‘n Omsendbrief wat pas uitgereik is, sit alle voorstelle wat die Raad ontvang, oorweeg
en aanvaar of verwerp het, uiteen.

Die voorstelle wat aanvaar was word verder ondersoek en sal nou in provinsiale koerante gepubliseer word vir indiening van besware.

Die enigste voorstel wat Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit aanbetref wat verder
gevoer sal word, lees as volg :
“In terms of section 21 of the Local Government Municipal Demarcation Act, 1998 ( Act
No 27 of 1998) the Municipal Demarcation Board has re-determined the municipal
boundaries of Ngwathe Local Municipality (FS203) and Metsimaholo Local Municipality
(FS204) by excluding Heilbron town, Phiritona and surrounding farms from the
municipal area of Ngwathe Local Municipality (FS203), and by including them into the
municipal area of Metsimaholo Local Municipality (FS 204)”.

Volgens Vryheidsfront Plus raadslid Phillip van der Merwe is daar ‘n groep wat hulle
reeds jare lank al beywer vir die inlywing van Heilbron by Sasolburg en dit kom voor
asof die proses uiteindelik momentum begin kry het.

Die voorstel het egter ‘n paar jaar gelede ook voor die Afbakeningsraad gedien en het toe hewige protes gepaard met onluste uit die geledere van Metsimaholo ontlok.

Die verwagting is tans dat die kennisgewing op 12 Januarie 2024 in die provinsiale
koerant sal verskyn en persone wat beswaar wil aanteken 30 dae sal toelaat om so te
doen.

’n Finale besluit oor die herindeling sal geneem word nadat alle besware oorweeg
was.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button