Local newsNews
Theuns Jordaan se pa sterf
Onbeskryflike hartseer kort na kunstenaars hulde bring aan Theuns Jordaan
Net ‘n dag nadat verskeie van die land se kunstenaars en vriende hulde gebring het aan die ontslape sanger, Theuns Jordaan, met ‘n Tribute konsert wat Saterdag by die DHL-stadion in Kaapstad gehou is, is sy pa, Willlie, Sondag 7 Januarie in die ouderdom van 82 jaar oorlede.
Hy was sedert Desember gehospitaliseer in Bloemfonein met onder meer ‘n maagkwaal en longontsteking.
Theuns is in 2021 aan kanker oorlede en sou op 10 Januarie vanjaar 53 jaar oud geword het. Sy ma, Maryna is twee dae na sy begrafnis oorlede. Sy was 79 jaar oud.
Verskeie kunstenaars het die afgelope naweek by die konsert hulde gebring aan ‘n uitsonderlike sanger en mens