Local newsNews

“Toenemende korrupsie steel ons studente se toekoms”

Ons veroordeel hierdie optrede ten sterkste," sê Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.

 

Solidariteit Helpende Hand en die Helpende Hand Studietrust het vandag in ‘n verklaring die bestuur se kommer uitgespreek oor ‘n ondersoekverslag wat deur OUTA uitgereik is en waarin uitgelekte klankopnames beskikbaar gestel is wat hoë profiel persone by ‘n uitgebreide patronaatnetwerk betrek.

Die Helpende Hand Studietrust se bestuurspan sê hy is ernstig bekommerd oor die bewerings wat  na vore gekom het en sê hy veroordeel  die beweerde  “toenemende korrupsie in die onderwysstelsel ten sterkste.”

“Ons besef al meer hoe groot die impak van die onetiese praktyke op ander instellings is en dat dit druk plaas op die versekering van ‘n gesonde opleidingsomgewing.”

“Die bewerings van korrupsie en wanpraktyke in die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) en die beweerde betrokkenheid van leierskapsfigure is skokkend, sê die organisasies.  Ons veroordeel hierdie optrede ten sterkste,” sê Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.

Die Helpende Hand Studietrust verleen hulp aan studente en lewer ‘n bydrae tot die bevordering van ‘n regverdige en toeganklike onderwysstelsel.

“Ons is van mening dat die verantwoordelikheid van instellings soos die Studietrust al hoe groter word, veral in ‘n klimaat van toenemende korrupsie,” sê Noëth.

Die onthullings plaas ‘n ernstige vraagteken oor die integriteit van ons onderwysstelsel. Ons doen ‘n beroep op die relevante owerhede om hierdie aantygings deeglik te ondersoek en enige vorm van korrupsie uit te wis. Verslae oor die ondersoek moet ten volle deursigtig wees, en die betrokkenes moet verantwoordelikheid neem vir alle onetiese gedrag.”

Solidariteit Helpende Hand en die Helpende Hand Studietrust dring daarop aan dat die relevante owerhede vinnig en doeltreffend optree om die saak te ondersoek en die nodige regstellende stappe te neem.

“Nie net ontneem die korrupsie studente van die geleentheid om te studeer nie, maar maak ook ‘n toekoms onmoontlik vir die generasies wat nog kom. Ons weet almal dat ‘n kwalifikasie nie net vir een generasie ‘n toekoms bied nie maar die armoedesiklus help verbreek sodat die volgende generasies ‘n beter toekoms en geleenthede kan hê. Nie net word daar van studente gesteel nie, maar dit sal die regering eeue neem om die skade te herstel (indien dit enigsins moontlik is). Ons veroordeel die druk wat individue se geldgierigheid plaas op organisasies wat studiehulp bied,” sê Yolandi Theron, administratiewe hoof van die Helpende Hand Studietrust.

Die Helpende Hand Studietrust het die afgelope 15 jaar reeds R337 miljoen in die vorm van rentevrye studielenings uitbetaal om 6 935 studente in staat te stel om ‘n tersiêre kwalifikasie te bekom. Dit is moontlik gemaak deur gemeenskappe wat saamstaan om studiefondse te stig, onafhanklike donateurs se bydraes en studente wat getrou hulle studielenings aan die Helpende Hand Studietrust terugbetaal,” sluit Theron af.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button