Local newsNews

SA een van die lande waar dit die gevaarlikste is om te bestuur, sê studie

Noorweë se paaie steeds die veiligste vir motoriste

Met baie motoriste wat oor Desember op die land se paaie is onderweg na hul vakansiebestemmings, sal baie dalk kan getuig van die onverdraagsaamheid van motoriste en verontagsaming van verkeersreëls.

Daarom is dit  geen verrassing dat Zutobi wat ‘n studie gedoen het oor lande waar dit die gevaarlikste is om te bestuur, Suid-Afrika as nommer 1 gelys het met ‘n geskatte padsterftesyfer van 22.2 per 100 000 van die bevolking.

Thailand het ‘n tweede plek op die lys van gevaarlikste lande om te bestuur, gevolg deur die VSA, Argentinië en Indië.

Lande wat gelys is as die veiligste om te bestuur is Noorweë, Hongarye, Ysland, Japan en Estonia.

Padveiligheid hang af van verskeie faktore wat wissel van die dra van sitplekgordels tot padtoestande. Faktore wat met die studie in ag geneem is, is onder meer die spoedbeperkings op paaie, beperkings op die bloedalkoholpersentasie van motorbestuurders en padsterftes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button