Photo GalleriesSchool

Hoërskool Parys verdedig Valke-liga titel dié Saterdag

Die eerste- en o.14 rugbyspanne van Hoërskool Parys speel hierdie Saterdag, 23 Julie, in die finaal van die Valke-ligastryd op die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark. Met pragtige oorwinnings deur beide spanne teen Belvedere (Benoni) in die semi-finaal, is die finaal een van die hoogtepunte van die 2016 seisoen.

Die eerste span het die voorreg om sy liga-titel in 2016 vir ’n  tweede opeenvolgende jaar te verdedig. Parys se eerste span is in 2014 en 2015 as ligawenners gekroon en beoog om dit Saterdag vir ’n derde keer te doen.
Die o.14 span het tot dusver ’n uitmuntende rugbyseisoen beleef en het reeds groot suksesse behaal deur onoorwonne te wees in die 2016 liga-seisoen.
Die wedstryd besonderhede is as volg:
o.14 vs Rhodesfield (Kemptonpark) om 09:00
Eerste rugbyspan vs Anker (Vanderbijlpark) om 11:50
Die o.14 span is: Ruben Erasmus, Derick van der Walt, Zuan van Heerden, Wouter du Toit, Lerato Motsapi, Dean Harmse, JC van der Westhuizen, Jacques Lebrun, Wian van Niekerk, Hannes Grimbeek, George Conradie, Heinrich Roets, Adriaan Stols, Hardus Scheepers, Vincent van der Merwe, Chaun Rossouw, JP Mostert, Leon Nel en Michael Smit.
Die eerste span is: André Hefer, Marnus van Niekerk, Marcus Nyerenda, Danny Ackerman, Cimri van der Westhuizen, Marais Louw,     Tiaan Broodryk, Johan Bruwer, Renco Fouche, PC le Roux, Keegan de Ponte, Stephan Visser, Paul Grimbeek, Jaco van der Westhuizen, Rudi Visagie, Charlie Barnard, Marko le Roux, Franco Sadie, Mike Schutte, Christo Blommerus en Rudger Potgieter.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button