Parys was Vrydag en die afgelope naweek die enige bedrywigheid met die Vrystaatse premier wat by verskeie besoekpunte in Parys en Vredefort aangedoen het as deel van Operasie Hlasela. Terselfdertyd het die ANC ook ’n verkiesingsveldtog hier geloods.
Van die besoekpunte waarby aangedoen is was die binnenshuise sportsentrum en Mandela-brug wat amptelik geopen is in die Tumahole-woonbuurt, paaie konstruksie projekte wat besoek is, die nuwe Schonkenville-kliniek en ’n huisbouprojek vir militêre veterane naby Schonkenville.
Komberse is uitgedeel terwyl ’n massa vergadering by die Fezile Dabi-stadion gehou is. Deur-tot-deur stemwerwing sou ook in Tumahole, Vredefort en Edenville gedoen word.



