Veerpyltjiespelers bedrywig
Gauteng het skoonskip gemaak in die pas afgelope SA Veerpyltjie-kampioenskappe in Bloemfontein en het die provinsiale afdeling onoorwonne afgesluit. Spelers wat Parys tydens die Paasnaweek-toernooi besoek het, het uitgeblink in Bloemfontein. Angel Morgan het die Mans Enkels gewen en is opgeneem in die Protea-span wat in 2017 Japan toe reis vir die Wêreldbeker.
Gauteng het skoonskip gemaak in die pas afgelope SA Veerpyltjie-kampioenskappe in Bloemfontein en het die provinsiale afdeling onoorwonne afgesluit.
Spelers wat Parys tydens die Paasnaweek-toernooi besoek het, het uitgeblink in Bloemfontein. Angel Morgan het die Mans Enkels gewen en is opgeneem in die Protea-span wat in 2017 Japan toe reis vir die Wêreldbeker.
Les Gouvea wat tydens die Palm Court Paasnaweek-toernooi 13 voltalle behaal het, is wel ingesluit asook Sean Hogan, Angel Morgan en Tinus Grobler (WP).
Op plaaslike front is die proewe afgehandel en lede wat gekies is vir die Dome spanne vir deelname aan die Callie Lönn toernooi in Orkney op 5 en 6 Augustus, is as volg:
A-span – Danie van der Merwe, Rynhard Malan, Ockert Grobler en Christiaan Mans.
B-span – Chris Mans, Hippo Louw, Luiz de Ponte en Boesman Groenewald.
Dames – Mariaan Pretorius, Bella Louw, Amelia van Zyl en Susan Schoeman.
Op Vrydag 22 Julie is dit “bring-’n-maat” aand by Palm Court om 19:00. Almal is welkom.
Op Vrydag die 27ste Julie word die “Dome” Mans en Dames pare om 19:00 by Palm Court aangebied. Slegs Dome geregistreerde spelers mag deelneem.


