Local newsNews
Beweerde bedrieër dalk in Parys-omgewing
Enige iemand wat die polisie kan help om hom op te spoor, kan Kaptein Jacques Nagel by 082 880 4611 skakel.

Die polisie in Carletonville is steeds opsoek na Pieter Christoffel Vercuil Joubert, alias “Juba”. Joubert, in verband met verskeie sake van bedrog.
Joubert (41) word gesoek in verband met vyf sake van bedrog en diefstal. Lasbriewe is ook reeds vir sy inhegtenisname uitgereik.
Sover bekend bevind Joubert hom in die Parys-omgewing. Hy besoek egter steeds van tyd tot tyd die Carletonville-omgewing, maar weier om hom aan die polisie oor te gee.
Enige iemand wat die polisie kan help om hom op te spoor, kan Kaptein Jacques Nagel by 082 880 4611 skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


