NewsNews
Herwinning – wat jy kan doen om ’n verskil te maak
DA-raadslid Saal de Jager het ’n tyd gelede begin met ’n herwinningsprojek in Parys. Maar wat behels dit? Vir inwoners beteken dit dat jy jou huishoudelike afval reeds in jou huis skei deur alles wat weggegooi en herwin kan word, in ’n aparte houer of sak te plaas soos glasbottels, plastiek, blik en papier. Sodoende …

DA-raadslid Saal de Jager het ’n tyd gelede begin met ’n herwinningsprojek in Parys. Maar wat behels dit?
Vir inwoners beteken dit dat jy jou huishoudelike afval reeds in jou huis skei deur alles wat weggegooi en herwin kan word, in ’n aparte houer of sak te plaas soos glasbottels, plastiek, blik en papier. Sodoende is dit dan slegs nodig om dit apart van jou vullissakke uit te sit op die dag wat jou rommel verwyder moet word.
Dit is dan baie makliker vir dié wat ’n lewe uit herwinning maak om dit te neem sonder dat vullissakke oopgemaak word.
Kom ons staan saam en doen ons deel vir ’n netjieser en skoner omgewing.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



