Local newsNews

Daar’s niks oor nie – nog ‘n reuse verlies vir die dorp

Die kafee was vir baie jare 'n deel van Vredefort se geskiedenis

Vredefort Take Aways & Bakery op die h/v Voortrekker- en Oranjestraat het Maandag 4 Desember, kort na beurtkrag, afgebrand. Alles is in die vlammehel verwoes.

Ook die Acropolis taverne langsaan die kafee het rook- en waterskade.

 

Die onderneming het aan Pakistaanse burgers behoort, terwyl die gebou die eiendom van Niki Odysseus is.

Vir baie jare het Niki en haar man, Kim die kafee gehad en was dit een van die bekendste bakens in die dorp. Baie het hier gestop vir ‘n wegneemete en koeldrank wanneer daar deur die dorp gery is.

Niki vertel dat sy en Kim destyds in 1982 van Vereeniging na Vredefort verhuis het. Kim het in 1974 van sy geboorteland, Griekeland, na Suid-Afrika gekom en toe by Yskor kom werk. Niki het by die Allied Building Society gewerk. Die twee het mekaar op ‘n troue ontmoet en is kort daarna getroud.

Kim wou altyd sy eie besigheid gehad het. In sy soeke na ‘n geskikte besigheid het hy by die kafee in Vredefort uitgekom wat toe in die mark was. Kim was dadelik verlief op die dorpie en met die woorde, “This is my place”, het hy die bal aan die rol gesit en die kafee van die destydse Griekse eienaars gekoop. Sy’t toe nog skaars geweet waar Vredefort was, vertel Niki, maar hulle is sak en pak Vredefort toe.

Aanvanklik was die kafee bekend as Springbok-kafee – ‘n naam wat oor jare gebly het, selfs al het hul sowat tien jaar nadat hulle die kafee oorgeneem het, die naam verander na Vredefort Cafe.

Kim was ‘n mense-mens en het baie drome vir die kafee gehad. Hy wou ‘n bakkery vestig en wegneemetes verkoop. So het die kafee gegroei en ‘n supermark in die kleine geword. Sy hartlike groet en geselsies met elke kliĂ«nt het dit gou ‘n baie gewilde kafee gemaak, want om deel van Vredefort se gemeenskap te wees, was soos om deel van ‘n groot familie te wees. Kim kon jou agter die kafee-toonbank alles vertel van die dorp en sy mense.

Ongeveer ‘n maand voor Kim se dood aan kanker in Oktober 2018, het hy en Niki die besigheid verkoop, en is die gebou aan die huidige besigheidseienaars verhuur.

Met die brand was sy by haar kinders in Johannesburg.

 

‘n Deel van Vredefort se geskiedenis wat in as lĂŞ.

Die brand volg minder as twee maande nadat die Vredefort Mini Market regoor die kafee,  in die dorp se hoofstraat,  ook in puin gelĂŞ is deur ‘n brand na beurtkrag, en brand- en waterskade aan Hennies Tavern agter die Vredefort Mini Market aangerig is.

Related Articles

Back to top button