Local newsNews

Skokkende syfers oor tienerswangerskappe

Studie wys ouer mans, en nie tienerseuns in baie gevalle die vaders

‘n Skokkende 90 037 meisies tussen die ouderdom van 10 en 19 jaar het geboorte gegee tussen die tydperk Maart 2021 en April 2022. Die syfer is deur Statistiek Suid-Afrika bekendgemaak en sluit data uit al nege van die land se provinsies in.

Van die bykans 34 000 tienerswangerskappe in 2020, was 660 meisies onder die ouderdom van 13 jaar.

In meeste van die gevalle was die vaders ouer mans en nie tieners nie, wat dui op die waarskynlikheid van statutêre verkragting, wat opnuut  kommer wek in die lig van die 16 Dae veldtog teen Geweld teen Vroue en Kinders.

Die 16 dae van aktivisme is ‘n deurslaggewende tyd om die voortgesette stryd teen geslagsgebaseerde geweld te versterk, en te fokus op  brandpunt kwessies om diegene in die voorste linies te bemagtig. Saam kan ons die impak van ons kollektiewe pogings versterk en ‘n samelewing bevorder waar skadelike praktyke soos ‘Ukuthwala’ en kinderhuwelike geen plek het nie,” sê Koketso Rathumbu van die GBVF Response Fund.

Related Articles

Back to top button