Photo GalleriesSport

Walle stel nie teleur nie

Die Mimosa-hengelklub se Julie-kompetisie is op ’n pragtige wintersdag gehou met die weer wat saamgespeel het en ’n hele paar visse wat vir die dag gevang kon word. Die poelvis van die dag, ’n moddervis, is gevang deur Barry Dreyer, ’n nuweling in die klub. Hy was ook die wenner van die Senior mans met ’n pragtige sak vis. Die wenner van die Dames-afdeling was Linda Botma, terwyl die Meesters-afdeling gewen is deur Kobus Kriek. Geluk aan al die wenners.

Die Mimosa-hengelklub se Julie-kompetisie is op ’n  pragtige wintersdag gehou met die weer wat saamgespeel het en ’n hele paar visse wat vir die dag gevang kon word.
Die poelvis van die dag, ’n  moddervis, is gevang deur Barry Dreyer, ’n  nuweling in die klub. Hy was ook die wenner van die Senior mans met ’n pragtige sak vis.
Die wenner van die Dames-afdeling was Linda Botma, terwyl die Meesters-afdeling gewen is deur Kobus Kriek. Geluk aan al die wenners.
Die kompetisie was goed verteenwoordig, maar voornemende lede, asook kinders is baie welkom om aan te sluit by hierdie gesellige hengeklub.
Die volgende kompetisie word by die Regeringsplaas gehou op 13 Augustus. Hengelaars ontmoet voor die hek om 07:00. Hengeltyd is van 08:00 tot 16:00.  Vir klub of hengelnavrae skakel Veronica by 072 631 1133 of Kobus by 082 878 2579.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button