Local newsNews

Wie is so wreed en gewetenloos?

Om ‘n mak kat in ‘n boks te sit sonder kos en water in die vreeslike hitte, is absoluut barbaars

Iemand het vermoedelik die afgelope naweek ‘n katjie in ‘n boks gesit en by die Rooidam in Derdelaan gelos. Die boks was toegemaak met gaatjies wat in die boks gemaak is.

Die katjie kon op ‘n manier uitkom en is deur mense in die omgewing gered. Daar is nie sekerheid of daar meer as een katjie in die boks was nie.

Om ‘n mak kat in ‘n boks te sit sonder kos en water in die vreeslike hitte, is absoluut barbaars en moeilik verstaanbaar binne ‘n sogenaamde opgevoede beskawing.

Dit het my laat dink en my die vraag laat afvra hoe dit moontlik is dat enige mens so min respek vir lewe kan hê en hoe kan ons dit verander binne ons samelewing?

Die katjie wat gekry en versorg is nadat mense in die omgewing hulle oor die katjie ontferm het. 

In Genesis gee God die mens ‘n opdrag om te sorg vir die natuur, visse, diere en voëls. Hierdie opdrag is soos ‘n werksverbond tussen God en
die mens. Dit is dan ook die mens se eerste en belangrikste werk op aarde as ‘n rentmeester oor die skepping. ‘

‘n Rentmeester is iemand wat die persoon wat jou aangestel het se eiendom moet oppas en bestuur. Ons sal eendag moet verantwoording doen oor hoe jy jou rentmeesterskap hier op aarde uitgeoefen het.

Kom ons leer ons kinders in hierdie tyd om goeie rentmeesters van die skepping te wees.  Kinders leer deur voorbeelde en wanneer jy jou Skeppingswerk as rentmeester nakom, gee jy jou kinders ‘n ewigheidsgeskenk van onskatbare waarde.

Kinders leer die beste deur doendinge. Doen iets positief en opbouend vir die natuur en die diere rondom julle hierdie vakansie. Leer saam met die kinders om vir ‘n dier of ‘n plant volhoubaar te sorg. Ervaar die onvoorwaardelike liefde van ‘n troeteldier. Vind uit hoe
jy in jou omgewing betrokke kan raak by omgewingsprojekte of projekte waar diere versorg of gerehabiliteer word. Begin jou eie projek as daar nie projekte in jou omgewing is nie. Begin net eenvoudig deur jou houding teenoor diere te verander.

Jy kan vir jou kind die beste kersgeskenk ooit gee en dit hoef jou nie eens baie geld te kos nie. Die kleinste dingetjie wat jy doen vir die Skepping, kan ‘n reuse impak maak op jou kinders se toekoms.

Ons kan kinders grootmaak wat as volwassenes hul nooit hoef af te vra wat is hulle werk of doel op aarde nie. Volwassenes wat nooit klein katjies in bokse toemaak en gewetenloos in die veld gooi nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button